Embryo and Semen

Reëls met betrekking tot Embrio-Oorplasings:

Diere wat wettiglik deur eisel- oorplasings ontstaan het, sal vir registrasie in aanmerking kom: Op voorwaarde dat –

1. daar aan al die vereistes van die Grondwet mutatis mutandis voldoen is;

2. beide die semen- en eisel-skenker vir sodanige doeleindes deur die Raad goedgekeur is;

3. behalwe in die geval van ’n dier wat uit ’n embrio-oorplasing ontstaan en in utero ingevoer is, die volgende dokumente binne 120 dae na elke embrio-oorplasing aan die Genootskap voorgele is-

3.1. die amptelike DNA-laboratoriumnommers van die semen- en eiselskenker betrokke; en

3.2. ’n sertifikaat deur ’n veearts of embrio-oorplaser, of in die geval van binne-kudde embrio-oorplasing die eienaar, te dien effekte dat die bepalings van die Wet nagekom is;

4. in die geval van ’n dier wat uit ’n eisel-oorplasing ontstaan het en in utero ingevoer is, die volgende bewyse en dokumentasie, onderteken deur ’n bevoegde liggaam in die land van herkoms, by die Genootskap ingedien word binne 30 dae na die aankoms van die ontvangerkoei in Suid-Afrika –

4.1 bewys van die dekking of inseminasie en spoeling van die embrioskenker;

4.2 bewys van die oordrag en die oordragdatum na die betrokke ontvangerkoei;

4.3 tweegenerasie stamboom van beide skenkers;

4.4 hul DNA-sertifikate; en

4.5 bewys dat hul standaarde van voortreflikheid aan die vereistes voldoen soos deur die Raad bepaal mag word;

5. ’n geboortekennisgewing m.b.t. ’n dier verwek deur ’n eisel-oorplasing op die voorafgedrukte vorm ingedien word.

6. ouerskap sal in elke geval deur ’n DNA-toets of enige ander beproefde wetenskaplike metode van bevestiging van ouerskap, bevestig word tensy anders deur die Genootskap bepaal; en dat

7. aan al die ander vereistes van die Grondwet m.b.t. geboortekennisgewings, inspeksie en/of prestasie en registrasie, voldoen is.

Die genootskap behou die reg om d.m.v. sy ampsdraers toesig te hou oor en/of inspeksie uit te voer aangaande die noukeurige aantekening van die toepassing van embrio-oorplasings deur sy telers.

Telers wat in die lande buite S.A. woonagtig is en wat die voorregte van registrasie van diere geniet, mag aansoek doen om die registrasie van nageslag wat deur embrio-oorplasings ontstaan het: Op voorwaarde dat die eieselle verkry is van ’n bron wat deur die Genootskap goedgekeur is, en verder op voorwaarde dat die opvang van die eiselle, die hatering daarvan, die oorplasing van embrio’s en die hou van verslae so gedoen word as wat die Genootskap van tyd tot tyd mag goedkeur.

Die Genootskap behou die reg om te weier om nageslag wat deur embrio-oorplasings ontstaan het, te registreer indien enige van hierdie reëls of die bepalings van die Wet nie ten volle nagekom is nie.