Handleiding en riglyne

Hierdie handleiding is daar gestel as riglyn vir telers om sodoende die versameling en vloei van data van u kudde so eenvoudig, akkuraat en konstant as moontlik te laat verloop. Die inligting wat u deurgee aan die telersgenootskap sal die kwaliteit van u verslae en gevolgtrekking beinvloed.

In die handleiding bespreek ons graag n paar riglyne en reels waarvolgens jy, jou kudde kan bedryf ten einde n goeie profiel daar te stel.

• Download the Handleiding in pdf. format (1.2MB) – Handleiding vir Braford Telers


RIGLYNE

  • Dragtigheids- en Kalfinterval-periodes
  • Geboortekennisgewing en Aansoek om Registrasie van die Braford Diere in u kudde
  • Registrasie van Ingevoerde Diere
  • Registasie van Ingevoerde Semen en Eiselle
  • Prestasie Register


Dragtigheids- en Kalfinterval-periodes:

1. Die minimum aanvaarbare dratigheidsperiode is 265 dae en die maksimum 310 dae.

2. Geen dragtigheidsperiode buite die tydsbestek sal sonder spesiale goedkeuring van die

Raad erken word nie tensy ouerskap deur ’n DNA-toets bevestig word.

3. Die minimum aanvaarbare periode tussen die kalf of aborsie datums van twee agtereenvolgende kalwings uit een koei (kalf-interval-periode) is 234 dae.

Geboortekennisgewing en Aansoek om Registrasie van die Braford Diere in u kudde.

1. Die teler van ’n kalf wat vir registrasie in aanmerking kan kom, moet die Genootskap van die geboorte van die kalf in kennis stel, ongeag of so ’n kalf lewendig of dood gebore is, of vir registrasie behou word, al dan nie.

2. Alle kennisgewings van geboorte moet op ’n wyse soos deur die Genootskap goedgekeur geskied en nie later as 90 dae na die geboortedatum van die betrokke kalwers aan die Genootskap gestuur word. Afskrifte daarvan moet deur die betrokke teler bewaar word sodat dit te alle redelike tye beskikbaar is vir insae en kontrolering deur amptenare van die Genootskap.

3. Ongeag punt 2, kan die Genootskap ’n kennisgewing van geboorte wat die kantoor meer as 90 dae na geboorte van die kalf bereik, vir registrasie aanvaar op voorwaarde dat die laat geboortegelde betaalbaar is.

4. Die geboortekennisgewing is onderworpe daaraan dat die teler volle verantwoordelikheid aanvaar dat die stamboom, telingsbesonderhede en permanente identifikasie van die dier(e) in die geboortekennisgewing vermeld, korrek is en dat daar aan al die vereistes van die Grondwet m.b.t. geboortekennisgewings voldoen is.

5. In die geval van ’n dier wat in utero ingevoer is, moet die geboortekennisgewing vergesel gaan van ’n sertifikaat wat behoorlik geteken is deur ’n bevoegde liggaam in die land van herkoms en waarop aangedui word –

5.1 dat die identifikasie van die vader, soos op die dokumente aangedui, korrek is, en

5.2 dat die vader aan die registrasie vereistes voldoen soos deur die Raad bepaal mag word.

Registrasie van Ingevoerde Diere:

1. ‘n Ingevoerde dier of ‘n dier verwerk deur ingevoerde semen of ‘n ingevoerde embrio sal geskik wees vir registrasie op voorwaarde dat die vereistes van die Wet en van die Grondwet nagekom is.

2. ’n Dier wat in die Gebied ingevoer word sal geskik wees vir registrasie op voorwaarde dat aansoek vir registrasie binne drie maande vanaf datum van aankoms van die dier gedoen word en die aansoek vir registrasie vergesel gaan van –

2.1 ’n sertifikaat van registrasie of ’n oorspronklke uitvoerserifikaat wat ’n twee generasie uitgebreide stamboom weergee, uitgereik deur die Stamboekgenootskap in die land van herkoms;

2.2 Bewys tot dien effekte dat die betrokke dier aan die registrasie vereistes voldoen soos van tyd tot tyd deur die Genootskap bepaal mag word; en

2.3 ’n verslag van die inspekteur wat bevestig dat die permanente identifikasiemerk soos op die registrasie en/of uitvoersertifikaat aangedui ooreenstem met die betrokke dier.

3. Registrasiesertifikate sal deur die Genootskap t.o.v. ingevoerde diere uitgereik

word.

Registasie van Ingevoerde Semen en Eiselle:

1. Nageslag wat deur inovulering met ingevoerde eiselle ontstaan het, ten opsigte waarvan die bepalings van die Grondwet mutatis mutandis voldoen is, sal vir registrasie in aanmerking kom: Op voorwaarde dat sodanige ingevoerde eiselle-

1.1. deur ’n bevoegde liggaam in die land van herkoms (goedgekeur deur die Direkteur: Dieregesondheid van die Nasionale Departement van Landbou) van eiselskenkers wat aan die minimum vereistes vir registrasie voldoen soos van tyd tot tyd deur die Raad bepaal; en

1.2. indien bevrug moet sodanige eiselle bevrug wees met die semen van ’n dier wat eweneens aand die minimum vereistes vir registrasie voldoen soos van tyd tot tyd deur die Raad bepaal.

2. Die geboortekennisgewing moet, onderhewig aan die bepalings van verordening 6 uit die grondwet, ook vergesel gaan van ’n sertifikaat deur ’n bevoegde liggaam in die land van herkoms, goedgekeur deur die Genootskap, waarop aangedui word-

2.1 die name, identifikasie- en registrasienommers van die eisel- en semenskenkers;

2.2 die datum en plek van opvangs; en

2.3 die aantal lewensvatbare eiselle van die betrokke eiselskenker opgevang.

Prestasie Register:

Deelname aan die Prestasie register van die Genootskap om beraamde teelwaardes as essensiële seleksie hulpmiddel te bekom is vrywillig, hoewel dit baie sterk aanbeveel word.

1. Die Prestasie register van die Genootskap word deur die Registrerende Owerheid bedryf en voldoen aan Internasionaal aanvaarde norme en standaarde.

2. Aansoek om deelname aan die Genootskap se Prestasie register moet aan die Hoof

Uitvoerende Beampte gerig word op die voorgeskrewe aansoekvorm en vergesel wees van die betrokke deelnemersfooi soos van tyd tot tyd deur die raad bepaal, met dien verstande dat;

a) Enigiemand wat by die inwerkingtreding van die Verordeninge reeds lid was van

Die nasionale vleisbeesprestasietoetsskema van die Diereverbeteringsinstituut onderworpe aan die bepalings van die Grondwet, outomaties lid sal wees van die Genootskap se Prestasie register.

3. Op ontvang van ‘n geldige weeglys met weegdata binne die voorgeskrewe tydperk van ‘n kalf, deur die Registrerende Owerheid se programmatuur, sal die weegdata geverifieer word vir vaslegging op die Prestasie register, waarna indeksberekeninge beraamde teelwaardes t.o.v ‘n lewendige kalf bereken sal word.

4. Die Raad behou hom reg om enige kennisgewing met weegdata slegs te aanvaar

indien die juistheid of goeie trou van die kennisgewing nie in twyfel getrek kan word

nie.