Technical

Prestasietoetsing

Die SA Braford gebruik die moderne BREEDPLAN prestasietoets stelsel. Die stelsel word tans in meeste van die wêreld se prominente beesvleisproduserende lande gebruik en verseker dat die Braford altyd op die voorpunt van nuwe tegnologie sal bly.

Die Braford volg ‘n gebalanseerde benadering ten opsigte van seleksie en meet die vrugbaarheid, groei, karkas en funksionele doeltreffendheid van elke dier.

Prestasietoetsing van verse teneinde groeivermoë te evalueer word nie as belangrik beskou nie aangesien vrugbaarheid die enkel belangrikste eienskap is waarvoor geselekteer moet word.

Vrugbaarheid

Die SA Braford beskou vrugbaarheid as die enkel belangrikste eienskap waarvoor geselekteer moet word. Vrugbaarheid word in beide bulle (skrotum omtrek) sowel as koeie en verse (tussen kalfperiode en ouderdom van eerste kalf) gemeet. Die SA Braford het geen simpatie met koeie of verse wat versuim om te kalf. Om die rede word die Braford as ‘n uiters vrugbare ras beskou wat onder moeilike omstandighede speenpersentasies van bokant 90% sal kan handhaaf.

‘n Vers moet voor of op 39 maande kalf.

‘n Koei word hoogstens een keer in haar leeftyd toegelaat om oor te slaan. Geen tussenkalf periode mag 26 maande (790 dae) oorskry nie.

‘n Koei moet minstens twee uit enige drie agtereenvolgende kalwers groot maak tot speen ouderdom.

Minimum skrotum omtrek soos beinvloed deur liggaams-massa van bulle.

Braford skelet – Manlik

Braford skelet – Vroulik