Behoefte bepaling
- Brafords beskik oor geen objektiewe voerkraal en vleis kwalteit data nie.
- Negatiewe persepsies – te klein raam
- Weet en glo die Brafords doen baie goed in voerkrale maar kort bewyse
- Moet bewyse kan publiseer en as bemarking kan gebruik
- Julie 2018, 100+ Meaker Braford ossies, 9 mde oud, aan Chalmar Beef verkoop
- Voerkraal, beskik oor eie moderne abattoir / vleisverwerkings aanleg. Spesialiseer in hoë kwaliteit vleis.
- Praktyk by Chalmer Beef se voerkrale;
- Alle ingekoopte diere, aanpassingsfase (laer energie hoër vesel rantsoen)
- Gevolg deur afrondingsfase (warm rantsoen), en
- Kastreer alle manlike diere en geen Zilmax (zilpaterol) – slegs minder agressiewe groei stimulante.
Voerfase
- Afrondingsfase gem 134 dae [Aanpassing + Afronding ongeveer 160 dae]
- GDT 1,6 kg/dag [160 dae] „val in die kol vir goed geteelde beeste se prestasie by ons“ Willem Wethmar, eienaar van Chalmar Beef.
- Gem karkasmassa (koud) 264,7 kg (klas A, vetkodes 2 & 3)
Vleismonsters
- Vleismonsters 20 karkasse, vakuumverpak, verouder 21 dae, daarna gevries totdat monsters ontleed is.
- Skeurkrag toetse, meganiese metode van sagtheidsmeting in laboratorium, lendesnitte besonder sag (gem 3,1 kg – hoe laer hoe beter) binne maatstaf kategorie waar meeste verbuikers, volgens opnames, bereid om n premie te betaal.
- Positiewe resultate gevolg van kombinasie van;
- Genetika (Braford),
- Voedingsperiode (geen Zilmax),
- Minimum voordoodse spanning, en
- Korrekte slagprosedure (ideale omstandigdhede vir omskakeling van spier na vleis).
Slagproses
Klassifikasie
Vleisbedryf
- Opname Pretoria 14 slaghuise en groot winkels (PnP, Woolworths, Shoprite, Spar) gem 20 lendesnitte per winkel oor 3 maande gekoop. Net 5 het aan afsnypunt van 3,8 kg en laer voldoen
- Gem marmeringsvlak van 2.7% spiervet gelyk aan gem vir voerkraaldiere in SA.
- SA voerkraalstelsel (ekonomie), karkasprosessering, karkasklassifikasie en verbruikers voorkeure, leen hom nie na hoë marmering nie.
Opsommend
- Gemiddelde karkas grootte is ideaal:
- 264,7 kg (klas A, vetkodes 2 & 3)
- GDT 1,6 kg/dag [160 dae]
- Marmeringsvlak – baie goed
- Vleis sagtheid toetse – uitstekend
- Meeste verbuikers, volgens opnames, bereid om ‘n premie te betaal.
Deur Johan Meaker
www.meakerbrafords.co.za