Minimum Rasstandaarde vir keuring

REPRODUKSIE

1. ‘n Vers moet verkieslik op 36 maande ouderdom kalf maar nie later as 39 maande nie.

Indien nie gekalf voor 39 maande nie sal die dier outomaties gekanselleer word.

2. ‘n Koei mag hoogstens een keer in haar leeftyd oorslaan om te kalf. Geen tussen-kalfperiode

mag 790 dae oorskry nie.

3. ‘n Koei moet minstens 2 uit enige drie agtereenvolgende kalwers grootmaak

(tot speen ouderdom).

4 Kennis sal gegee word aan teler van diere wat nie aan reproduksie standaarde voldoen nie.

Indien geen antwoord ontvang na 30dae nie sal dier outomaties gekanselleer word.

MELKPRODUKSIE

1. ‘n Koei mag hoogstens twee kalwers speen met indeks onder 90, indien prestasietoetsing

Toegepas word. Waar prestasietoetsing nie toegepas word nie, moet koeie wat swak kalwers

produseer, geïdentifiseer en verkieslik geprul word.

GROEIVERMOë

 

1. Verse:

Prestasietoetsing ten einde groeivermoë te evalueer word nie as belangrik geag nie daar

vrugbaarheid die enkel belangrikste eienskap is waarvoor geselekteer moet word.

2. Bulle:

a) Deelname aan die Nasionale Prestasietoetsskema word nie as voorvereiste gestel nie maar

wel ‘n vorm van prestasietoetsing om groeivermoë te kwantifiseer.

b) Speen-, jaaroud-, 18 maande-, GDT- en GDO indekse van minstens 90.

c) Bulle met jaaroud-, 18 maande-, GDT- en veral GDO indekse bo 120 moet met agterdog

bejeen word en daar moet teen bulle wat oormatig gegroei het en swak bespierd is,

gediskrimineer word.

d) ‘n Voeromsetindeks van minstens 90 (Net Fase C)

e) ‘n Kleiberverhouding van minstens 90 (Net Fase D)

f) ‘n Minimum skrotum omvang.

Gewig 375 tot 399 kg- 30 cm

400 tot 449 kg- 31 cm

450 tot 499 kg- 32 cm

500 tot 549 kg- 33 cm

550 en hoër 35 cm

NOTA: Die skrotum omvang van Fase B-bulle word nie amptelik gemeet nie. Die

keurder mag die omvang meet en bogenoemde standaarde as riglyne gebruik.

g) Alle afgekeurde bulle sowel as bulle wat nie vir keuring aangebied word nie, mag nie as

teëlbulle aangebied word nie.